Nicotto Town



おとといきやがれらびゅりんとす はちぢうはち

maggio 29 lunedi ☔︎☁︎ 22/17℃

5331歩

Robbeneiland

 repubblic south africa
voorheen Eyland Cornelia,[2] is 'n eiland in Tafelbaai, 12 kilometer vanaf die kus van KaapstadSuid-Afrika. Die eiland het 'n tipiese Karooklimaat ten spyte daarvan dat dit so naby aan Kaapstad, wat 'n Mediterreense klimaat het, geleë is. Die koue Benguela-stroom is daarvoor verantwoordelik.
Dit is duisende jare gelede die eerste keer bewoon toe die waterkanaal wat dit tans van die land skei, bo seevlak was. Van die einde van die 17de eeu af is Robbeneiland gebruik om sekere individue af te sonder, grootliks as 'n tronk, en onder sy eerste permanente inwoners was politieke leiers van verskeie Nederlandse kolonies, nie net van Suid-Afrika nie, maar ook uit Indonesië. Van 1836 tot 1931 is dit as 'n melaatsekolonie gebruik en in die 20ste eeu het dit bekend geword as 'n tronk vir politieke gevangenes, onder wie die bekendste Nelson MandelaWalter SisuluGovan MbekiRobert SobukweKgalema Motlanthe en Jacob Zuma was.

Die hele eiland word deur die staat besit, met die uitsondering van die kerk.

Vandag is die eiland 'n gewilde toeristebestemming en is in 1999deur Unesco tot wêrelderfenisgebied verklaar. Dit kan per veerboot van die Victoria & Alfred Waterfront af bereik word, en is die hele jaar lank oop, afhangende van die weer.





Copyright © 2024 SMILE-LAB Co., Ltd. All Rights Reserved.